Welkom by Kroonstad-Oos.........
Mag Jesus in Sy volheid weereens in hierdie Kerstyd in ons harte gebore word!

Mag Kersdag vir ons elkeen 'n feesdag wees, 'n dag van intense blydskap, omdat Jesus na die wêreld gekom het om vir jou en my verlossing te bring!
Mag ons stom staan by die wete dat die Liefde waarvan die Woord ons verseker in Efesiërs 3:18-19 ook vir ons is!
"Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mah julle heeltemal vervul word met die volheid van God"
Mag die Heilige Gees ons daartoe dring om hierdie liefde te gaan uitleef teenoor só baie wat dit só nodig het.
Dit wat ons doen hoef nie groot te wees of ons baie te kos nie - net die uitdeel van die volmaakte Liefde wat ons van Ons Hemelse Vader deur Jesus Christus ontvang het.
Klein gebare van gee,
Kyk met sagte oë sonder oordeel,
Praat met deernis en met die gesindheid waarmee Jesus sou,
Deel uit van die oormaat wat jy ontvang het sonder om te weeg.....
Doen dit en jy sal 'n feesdag ervaar!
Geseënde Kersfees aan almal!!
|

