Die Begin

Stigtingsvergadering:

 

24 Julie 1964 - 18h00

 

Naam van die gemeente:

 

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oranje Vrystaat, Gemeente Kroonstad-Oos.

 

Die eerste geboue waarin aanbid is

 

Vir die eerste ses maande ná afstigting aanbid die gemeente

 

Kroonstad-Oos nog saam met Kroonstad-Suid, maar op Sondagmôre

 

7 Februarie 1965 vergader hulle vir die eerste keer as gemeente op

 

hulle eie in die DE WET ERLANKSAAL, diep bewus van hulle

 

verantwoordelikheid om nie alleen 'n eie plek van aanbidding op te

 

rig nie, maar om bo-alles gebou te word as gemeente van Jesus

 

Christus.  Ds. J. C. Pietersen verkondig die Woord van die Here na

 

luid van Nehemia 2 vers 18 aan 374 aanwesiges.  

 

"En hulle het hulle hande sterk gemaak vir die goeie werk".

 

Vanaf Sondag 4 September 1966 word alle eredienste en

 

Sondagskoolbyeenkomste as gevolg van die bouwerksaamhede

 

aan die Erlanksaal in die pasvoltooide, sierlike en doeltreffend

 

SAAL VAN DIE KROONSTAD HOëRSKOOL gehou. 

 

'Langs hierdie weg wil ons die betrokke twee Skoolkommissies

 

asook die Departement van Onderwys, O.V.S., verseker van die

 

opregte dank en innige waardering van die kerkraad en gemeente vir

 

die goedgunstige verlening van die genoemde geriewe.'

En toe, op Sondagaand, 29 Januarie 1967 is die eerste

 

erediens in dieOPSLAANSAAL op die kerkterrein waargeneem en

 

van toe af al die aanddienste en byeenkomste van Kerkraad,

 

S.H.D., A.C.S.V. en K.S.K.

 

Beroepe:

 

Eerste beroep: 15 Augustus 1964 -

 

Ds. J. C. Pietersen.
Newtonpark, Port Elizabeth

 

Tweede beroep: 9 September 1964 -

 

Ds. J. C. Pietersen.
Newtonpark, Port Elizabeth

 

Ds. J. C. Pietersen

Ds. J. C. Pietersen aanvaar

 

die beroep en word

 

bevestig op

 

4 & 5 Desember 1964

 

in die kerkgebou van

 

Kroonstad-Suid.

 Intreepreek:

 

Sondag 6 Desember 1964.

 

Teksvers: Genesis 37: 15,16

 

"Wat soek jy?

 

En Hy antwoord:

 

Ek soek my broers."

 

Bruidskat: Kontant - R16000.00
       

Pastorie - Ert 2105: Van Reenenstraat 12

 


Erwe Nos. 2335 gedeeltes 1 & 2 Panorama

 

Eerste Kerkraad

 in amp bevestig - 

26 Julie 1964.

Aantal wyke: 16  

8 dorp,

5 plotte,

3 plaaswyke.

 

Ampdraers

 

 P. J. B. van Schalkwyk 

 

Skriba

 

 

M. G. Wessels 

 

Kassier

 

 Mev. Olga Rademan

 

Orreliste   

 

Mnr. van Deventer

 

Koster

 

Johan Pietersen

 

Koster in die Opslaansaal

 

Mej. René de Vos

 

Hulp Orreliste

 

 

Kerkgronde

 

So het die Here voorsien.


As deeI van die bruidskat van Kroonstad-Suid aan die gemeente,

was ook erf nr. 2335, gedeelte 1 vir 'n kerkgebou (33;808vt2)

en gedeelte 2 vir 'n pastorie (29,900vk2)

Genoemde erf was geleë langs die verlenging van De Vosstraat in

'n suidelike rigting- ongeveer tussen die huidige kerkgebou en

die omheining langs die verbypad teen Barnardstraat. Wes van

genoemde erf sou erwe vir 'n klein sakesentrum en 'n woonstelblok

beskikbaar wees, terwyl die res tussen die huidige Fleck- en

Barnardstrate tot by Robertsonstraat as park ontwikkel sou word.

Reeds op die eerste kerkraadsvergadering van 9 September 1964,

besef die kerkraad dat erf nr. 2335 met sy twee gedeeltes nie

groot genoeg vir 'n kerkgebou en 'n pastorie sou wees nie en

benoem 'n kom­missie onder voorsitterskap van ouderling

Chris Borchardt om onder­soek in te stel.

Op 12 November 1964 rapporteer hierdie kommissie dat daar geen

ander erwe beskikbaar is nie en dat die verbypad nie steurend sal

wees nie en dat daar liewer gewag moet word tot na die bevestiging

van die eerste leraar.

 

Op die eerste kerkraadsvergadering na die bevestiging van ds. J. C.

Pietersen, gehou op 25 Januarie 1965, word die volgende terreine

na intensiewe ondersoek aan die kerkraad voorgelê:

i)     Gedeeltes 1 en 2 van ert 2335 soos reeds vermeld.

ii)    'n Gedeelte van ert 2317 wat staatseiendom is en ten opsigte

       waarvan onderhandelinge aangeknoop sal moet word met die

       P.A.O. en die Departement van Onderwys. Die onderhandelinge

       mag nog 'n geruime tyd duur.

iii)   Erf 2222 kan moontlik bekom word.

       Kerkraadslede word versoek om hulle van genoemde persele te

       vergewis en op Sondag 7 Februarie 1965 voor die oggenddiens       

       hul mening te lug.  Aangesien geeneen van genoemde terreine aan 

       die vereistes voldoen het nie, is met die stadsraad en met die       

       stadsingenieur, mnr. J. A. Louw, onderhandel en kan die kerkraad

       op sy vergadering van 12 Maart 1965 kennis neem dat die

       stads­raad gewillig was om, nadat erf nr. 2335 aan hulle teruggegee

       is, die terrein en omgewing te herbeplan. So bekom die

       kerkraad die gedeelte tussen Fleck- en du Randstraat en

       Marshallstraat, vir 'n kerkgebou en 'n kerksaal. Die res van die

       gebied word in 42 woonerwe verdeel en die aanvanklike

       voorgestelde sakekom­pleks, woonstelblok en park verval.

 

Op 11 Junie 1965 stel die stadsklerk die kerkraad in kennis dat die

 

perseel kosteloos aan die kerkraad oorgedra word. Daar kon


toe oorgegaan word tot beplanning mits die dorperaad die heruitleg

 

van die betrokke gebied goedkeur.

  Op 13 Augustus 1965 versoek die kerkraad dat die stadsraad 'n

 

perseel in die onmiddellike omgewing van die kerkperseel vir 'n


       pastorie reserveer. Na onderhandelinge is die aangrensende

 

erf nr. 5200 teen die insetprys van R1220 verkry en

 

gekonsolideer en is tans bekend as Marshallstraat 1.

                                           

 

Die Kerkgebou

  

Die terrein vir die oprigting van 'n kerkgebou was nou beskikbaar en

kon met die bouprogram begin word.

Op die eerste kerkraadsvergadering onder ds. Pietersen se voor-­

sitterskap, is op voorstel van br. P. J. Rabie besluit om 'n kerkgebou

en 'n kerksaal te beplan mits die fondse voldoende is. Voorts word

besluit om vanaf 6 Februarie 1965 dienste te hou in die De Wet

Erlanksaal van die Sentrale Volkskool. Genoemde saal het

ongeveer 550 sitplekke en daar is klaskamers vir kategese

beskikbaar.

Diaken B. B. Keet word as argitek aangestel nadat die lot moes

beslis aangesien hy en diaken I. D. Bosman eweveel stemme

gekry het.

Daarna besoek hy en die orreliste saam met die boukommissie

etlike kerkgeboue, veral in Transvaal. Op 9 April 1965 Iê die argitek

sketsplanne voor en verduidelik die riglyne wat gevolg is:

 

11.1.1  Die liturgiese ruimte vir die nagmaaltafel, doopvont en 

            moet hoër wees as die res van die vloeroppervlak.

11.1.2  Die kerkgebou moet nie die indruk skep van dat die        

            gemeente platgedruk word nie. Die dak moet hoogte hê.

11.1.3  Daar moet nie een of ander hoekie wees waarin iemand

            vasgehok word nie.

11.1.4  Die tempel-idee is in gedagte gehou.

11.1.5  Die kerkgebou moet aanbidding stimileer.

11.1.6  Die gebou moet vir baie jare gebruik kan word sonder

            vervanging.

Op voorstel van ouderling C. H. J. Wilken word besluit dat die

planne in beginsel aanvaar word en dat die argitek voortgaan met

die werkste­keninge.                  

 

 

         Argitek

         B.B. Keet

 

 

 

Tempel-idee

SALOMO SE TEMPEL, 954-586 vC

 

Salomo se tempel in Jerusalem was 'n indrukwekkende gebou, versier met

 

goud, silwer, brons en sederhout. Dit het sewe jaar geneem om te bou.

 

TOEBEHORE

 

Gerubs dui op hemelse wesens wat in God se teenwoordigheid verkeer en as

 

wagte gedien het   (Gen 3:24) (met goud oorgetrek, 5 meter hoog en wyd).

 

Die Ark van die verbond:  Dit het die twee plat klippe van die verbond bevat

 

en het God se teenwoordigheid versinnebeeld (hout met goud oorgetrek).

 

Voorhangsel:  Dit het die Allerheiligste van die Heilige geskei (blou, pers

 

en bloedrooi wol en linne, met uitbeeldings van gerubs daarop uitgewerk).

 

Dubbeldeur: tussen die Allerheiligste en die Heilige (hout, oorgetrek met goud).

 

Goue tafels (hout met goud oorgetrek), goue kandelare (met lampe),

 

goue altaarl (hout met goud oorgetrek), gereedskap vir priesterlike

 

funksies in die Heilige.

 

Bronspilare genaamd Jakin ("mag hy vasmaak”) en Boas (”mag sterkte in hom

 

wees ”) wat dui op die sekuriteit en stabiliteit wat God in sy tempel bied.

 

Brandofferaltaar  waarop die brandoffers geoffer is (brons).

 

Waterbak wat chaos voorgestel het (brons).

 

Brons waentjies met waskomme vir seremoniële wassinge.

 

  

Boukommissie:

Ds. J. C. Pietersen (voorsitter), brs. C. L. de J. Borchardt,

H. L Kleynhans, P. J. Rabie, M. G. Wessels, Later word brs.

J. H. H. Grobler, P. J. B. van Schalkwyk (skriba) en J. A. den Hartog

(bourekenaar) bygevoeg.

 
 

Twee maande later Ie die argitek die planne aan die kerkraad voor.

Op voorstel van broers. P. J. Rabie en J. J. Nel word besluit dat:

1.     Die planne goedgekeur word

2.     Tenders gevra word

3.     Tenderaars moet meld:

        (a) Koste van die kerk en

        (b) Koste van die kerkgebou en die kerksaal.

Op 13 Augustus 1965 word die verslag van die raadgewende

ingenieur voorgelees waarin aanbeveel word dat die kerk en die

kerksaal op heipale moet staan en dat die vloer vrydraend moet wees.

Dit word so besluit en so kom dit dat ongeveer 80 heipale van tot 9m

diep en verleng tot 13,7 m bo die grond die vloer en die dak dra.

Op 11 Februarie 1966 neem die kerkraad kennis dat 'n lening deur

die kerkkan­toor ten bed rae van R80,000 toegestaan is. Die tender

van die firma Jan Fokkens Bouers en Kontrakteurs word aanvaar op

voorstel van brs. P. J. Rabie en J. H. H. Grobler.

 

 

Op Sondag 14 Augustus 1966 om 15h30 word i.p.v. 'n sooispitfunksie, 'n

wydingsdiens op die terrein waar die kerkgebou opgerig moet word, gehou.

Die teksvers by die geleentheid is 2 Tim. 2:19 "Ewenwel, die fonda­ment van

God staan vas .. " Almal teenwoordig kry geleentheid om hulle name op 'n

rol te teken wat saam met 'n volle reeks van die ou geldstelsel: ponde,

sjielings en pennies, asook 'n volledige reeks van die desimale geldstelsel

(rand en sent) in 'n kopersilinder verseël sou word om later agter die

hoek­steen ingemessel te word.         

Op die hoeksteen staan die woorde:

"Here, ek het lief die woning van U huis

en die woonplek van U heerlikheid." (Ps. 26:8)

 

Die sierlike kerkgebou word voltooi en oor die naweek van

15 en 16 Maart 1968 feestelik in gebruik geneem. 

     


 

 

Die Kerksaal

 

 

Op 24 Junie 1966 het die kerkraad besluit om voorlopig net met die bou van die

 

kerkgebou voort te gaan. Die behoefte aan 'n  doelmatige saal vir die gemeentelike

 

aktiwiteite het egter al hoe dringender geword.

 

 

Op 14 Mei 1973 beveel die finan­siele kommissie aan dat die dagbestuur met die argitek

 

sal onderhan­del om vas te stel op welke wys die oorspronklike plan van die saal gewysig

 

kan word om aan die huidige vereistes  te voldoen.

 

 

Op 11 Junie 1973 neem die kerkraad kennis dat die beoogde wysigings kan meebring 

 

dat die oorspronklike planne nie meer  gebruik sal kan word nie.

 

 

 

 

Op 12 November 1973 word

 

'n kommissie  aangewys om in te gaan op

 

alle aspekte rakende die oprigting van 'n saal

 

en kategeseklas­kamers.

 

 

Op 'n buitengewone vergadering op

 

3 Desember 1973 stel ouderling

 

D. J. Scheepers voor dat opdrag gegee

 

word aan 'n argitek om 'n meer

 

praktiese projek te beplan en dat

 

Volkskas Bpk. genader word vir

 

oortrekkingsfasiliteite te bedrae van

 

R100 000.

 

 

Op 11 Februarie 1974 1e argitek

 

E. J. Bloem die nuwe planne voor.

 

Hy gee ook 'n oorsig van waarvoor 

 

voorsiening gemaak moes word.

 

Na be­spreking word die planne in

 

beginsel aanvaar en die argitek word 

 

ver­soek om die planne te finaliseer.

 

 

Op 10 Junie 1974 word die finale planne

 

goedgekeur en mnr. Jurie van Vuuren

 

word as bourekenaar benoem.

 

Tenders word gevra en die tender van

 

D en K Konstruksie van Hartwater ten

 

bedrae van R205 812 word aanvaar.

 

 

Op 14 Junie 1976 besluit die kerkraad dat 'n

tablet vir die onthulling tydens die inwyding

van die gemeentesentrum aangebring sal

word met die woorde van Kol. 3:23 daarop.:

"En wat julle ookal doen, doen dit

van harte soos vir die Here

en nie vir mense nie."

 

Oor die naweek van 12-14 Desember 1975

word die sierlike en

funksionele gemeenstesentrum met

sy ontspanningsfasiliteite in gebruik  geneem.

 

Kort na die afsterwe van mev. Pietersen op 12 Junie 1982,

besluit die kerkraad op versoek van die Vroue-aksie om

die sentrum in dankbare erkentlikheid na haar te vernoem. 

En so staan dit bekend as die 

DALA PIETERSEN GEMEENTESENTRUM.

 

 

 

 

Mev. Dala Pietersen

 

 

Die pastorie 

 

Op Maandag 10 Maart 1976 word 'n verslag van die

Eiendomskommissie aan die kerkraad voorgelê oor die

moontlikheid om die huidige pastorie in Van Reenenstraat 12

te verkoop en met D & K Konstruksie te onderhandel vir die

moontlikheid om 'n nuwe pas­torie op te rig.

 

Op 11 Augustus 1975 besluit die Kerkraad dat 'n nuwe pastorie

gebou sal word. Br. E. J. Bloem word as argitek benoem.

 

Op 13 Oktober 19751e die argitek die planne voor en word

besluit om met D & K Konstruksie te onderhandel om die

pastorie te bou. 'n Lening van R35 000 word vir die doeI by die

Kerkkantoor aangegaan.

 

Op 14 Februarie 1977 word besluit om die woonhuis in

Van Reenenstraat per tender te verkoop op voorwaarde dat

besitname eers kan plaas­vind nadat die nuwe pastorie voltooi is.

 

Op 14 Maart 1977 word die tender van mnr. P. Rabie vir

R37 500 aanvaar. Drie maande later was die nuwe pastorie

voltooi teen 'n alles insluitende koste van R75 060.

 

 

 

Met die feestelike herdenking van die een en twintigjarige bestaan van die gemeente in 1985 kon met

 

dankbaarheid aangekondig word dat alle skuld i.v.m. die drie groot bouprojekte asook 'n woonhuis vir

 

die evangelis reeds vereffen is en dat die gemeente sonder enige skuldlas die nuwe tydperk kan ingaan.