KROONSTAD-OOS

  

         SPEELPARK

 

 

 

    

  

 

 

Klimmuur word afgebreek om

plek te maak vir die nuwe

beplande speelpark.

 

 

 

 

Op 23 April 2016 het fase I van operasie draadspan begin.  Gewapen met 'n pik en graaf is gate gegrawe en pale geplant vir die omheining.

 

 

 

 Fase II het op 21 Mei plaasgevind, helpers het weer saamgekom om draad te span.

‘n Groot donasie van ‘n goedhartige persoon en  met die hulp van kenners, het ons goed

gevorder en ook ‘n kennisgewingbord aangebring.

Ds. Marius Ellis:  "Ek wil ek julle bedank vir gewaardeerde hulp EN dat julle my touwys

gemaak het op die gebied van draadspan.  Sonder julle sou die ‘droppers’ tien-teen-een

skeef gelê het en sou die draad seer-sekerlik nooit styfgespan gewees het nie." 

 

 

 

Op 4 Junie het fase III, die finalisering van operasie draadspan

begin, die area is met ‘diamond mesh’ rondom gespan.  

 

Die laaste gedeelte is op 22 Junie voltooi

en is die parkie gereed sodat die speelapparate

ingebring kan word.

 

 

 

 

 

Operasie speelpark:   "Insameling van speelapparate vir die parkie."

Operasie speelpark het'n geruime tyd geneem om klaar te kom, daar was die laaste paar maande hard gewerk om die terrein

gereed te kry sodat ons kan begin met die lekker deel van die projek nl. om strukture in te samel vir die kinders om op te speel. 

Dit is met groot vreugde dat ons kan rapporteer dat ons nou gereed is om verskillende toestelle te ontvang.  

As jy 'n ou swaai het, 'n geroeste ou kar (sonder 'n enjin), 'n ou "jungle gym" wat rondstaan of 'n glyplank waarop lanklaas gegly is,

wil skenk neem asseblief  vrymoedigheid om ds. Marius Ellis te kontak op 083 417 4131 sodat ons dit kan kom haal. 

Hierdie parkie gaan nog vir lank gebruik word, om weer vir ons kinders 'n veilige plek te gee om te speel.

Gedurende September gaan ons die park offisieel open en inwy vir die Here.

Ons doen 'n beroep op elke nutsman om betrokke te raak en om jou gawe om te bou, sweis,

kap of grawe te kom uitleef in hierdie projek.

Ons sien daarna uit om te sien wat die Here in hierdie parkie wil doen.

  

Ons eerste toevoeging tot die parkie

    

    

Hier is die nuuste toevoegings tot die speelpark

 

 

 

 

Ds. Marius Ellis vertel:

'Iemand vra my nou die dag – “Waarom spandeer Kroonstad-Oos soveel tyd om ‘n parkie te maak vir die Gemeenskap?”.

Die antwoord is eenvoudig, omdat Kroonstad-Oos ernstig is oor die toekoms van ons jeug en omdat die gemeente ernstig is om

‘n veilige plek te bied waar gesinne weer kan kuier.

Op ‘n Saterdagmiddag, gaan hulle die ekstra tree en spandeer hulle soveel tyd aan die parkie.

As jy nie weet waar die parkie is nie, klim in jou kar en ry na die kerk toe.  Op die hoek van Du Randt- en Fleckstraat, onder die

reuse bome sal jy die parkie kry en sal jy dalk net verbaas wees oor alles wat daar binne is.

Daar is ‘n klimmuur, sandputte, “Jungle Gym” en verskillende speelgoed waarmee die kinders hulle kan besig hou vir ure.

Daar word beplan om ‘n rondomtalie ook te laat installeer en dan al die implimente te laat verf.' 

 

As daar iemand is wat gelei voel om ‘n donasie vir die parkie te maak, kontak gerus vir ds. Marius 083 417 4131