Organisering en ondersteuning van bestaande sendingaksies van die gemeente
Die vestiging van ‘n bediening onder plaaswerkers
Toesig oor die geestelike toerusting van lidmate om hul getuienistaak uit te leef
Funksies en ander projekte waarby die diensaksie betrokke is
Gebedsbediening
|
Lydenstyd |
Paasfees
|
Getuienisgeleenthede
|
Sendelinge
|
Phomolong gemeente
|
Jordaanskool |
Gevangenisbediening |
Getuienisnaweek
|
Bybel-ete |
Bybelverspreiding |
Sprekers |
|
Gebedsbediening |
(almal word uitgenooi na hierdie geleentheid, dit is nie net vir die manne nie) asook ander Bybelstudiegroepe. |
"publikasies" beskikbaar Kontak Martin Wessels by 082 550 7202 as julle weekliks die gebedstuk per e-pos wil ontvang. |
Lydenstyd
|
Lydensweke Gedurende die Lydenstyd loop Christene vir 7 weke saam met Christus die pad van lyding.
Dit eindig by Sy kruisiging. Die Lydenstyd is ook die voorbereidingstyd vir die Paasfees.
Ons is ernstig oor hierdie pad van lyding en ons probeer gevolglik om die belangrikheid daarvan op
verskillende wyses te belig.
In die voorportaal is daar ‘n uitbeelding van die Lydenstyd. Elke gemeentelid word uitgenooi om ‘n draai
by die kruis te maak. Aan die voet van die kruis is ‘n spiraalwiel met 49 gate. Dit simboliseer elke dag wat
Jesus nader aan die kruis beweeg het. Die beeldjie word ook elke week geskuif om die komende Paastyd
aan te dui. Saam met die spiraal beeld die bruin kleur, ysterstukke en gebreekte pot die gebrokenheid van
die wêreld waardeur Jesus moes gaan uit. Ons word telkens daaraan herinner dat Christus die pad van
lyding vir ons geloop het sodat ons volkome herstel in ons verhouding met God kan beleef.
Kom ons bid in hierdie Lydenstyd dat die Here vir ons sal wys wat Hom hartseer maak. Kom ons
herinner ook ons geloofsvriende en familie aan die werklike betekenis van die Lydenstyd.
|
Paasfees
geleentheid
|
Die geleentheid was Woensdag,
17 April 2019 gehou.
Nagmaal was tydens die spesiale
geleentheid bedien.
|
Paaskonferensie
by Kroonstad Moedergemeente |
Die Paaskonferensie by Moedergemeente is elke jaar ‘n groot seën om by te woon. Die Ring van Valsrivier doen elke jaar baie moeite om sprekers in te kry om met die dorp te kom gesels en hierdie jaar was geen uitsondering nie.
|
Getuienisgeleenthede
|
Hou afkondigings vir meer besonderhde |
Skakeling en ondersteuning
van sendelinge. |
![]() |
![]() |
Vir joungste nuusbriewe van
sendelinge, laai af onder die
'publikasies'-skakel |
Louis & Kobie Moore
Sendelinge in Venda & Gazankulu |
Aneel Yousaf & gesin
Sendeling in Pakistan |
Phomolong-gemeente
|
Plaas- en plotbediening
Ds. Clement Modise van NGKA Phomolong
gemeente besoek een maal per maand die plase. |
Samewerking met die gemeente bestaan reeds jare.
'n Omgeegroep van Kroonstad-Oos
voorsien jaarliks Suid-Sotho Bybels aan
al die kinders wie belydenis van geloof aflê. |
Jordaanskool
|
Die dienste Sondae by Jordaanskool net buite Kroonstad gaan ook steeds voort.
'n Sotho sprekende pastoor tree elke Sondag daar op en die opkoms is goed. Meestal kinders.
Daar word ook elke Sondag aan hulle kos voorsien. |
Gevangenisbediening
|
Die EE III-kursus word jaarliks aangebied aan vroue in die gevangenis deur dames van ons gemeente.
|
Getuienisnaweek |
|
Bybelverspreiding |
Bydraes vir die
Bybelgenootskap word op verskeie maniere deur die gemeente |
Deurkollektes |
Koevertinsameling tydens Bybelsondag (‘n Koevertjie vir ‘n bydrae word jaarliks in die sakkie agter in die jaarprogram (almanak) geplaas viru gerief.)
|