GEDENKMUUR
Ontstaan van gedenkmuur |
Plan/skets van gedenkmuur |
Gedenktuin |
Reëls t.o.v. nis |
Gravering van gedenkplaatjie |
Reëlings vir plasing van oorskot |
Reëlings vir die verwydering van oorskot
|
Die feit dat die onderhoud van en toesig
oor begraafplase vroeg in die 2000’s
feitlik in duie gestort het,het talle gemeentes
laat besluit om gedenkmure op hul
kerkterreine op te rig, sodat geliefdes
daar te ruste gelê kan word. |
Op 8 November 2007 is ‘n donasie van R 10 000,00 ontvang van ‘n lidmaat met die versoek dat die moontlikheid van die oprigting van ‘n gedenkmuur ondersoek word. Die kerkraad het daarna die aangeleentheid ondersoek en besluit om ‘n gedenkmuur op te rig met die voorwaarde dat fondse verkry word uit donateurs. Donasies is verkry en nisse vooraf verkoop. Bedrag ingevorder R 77 000,00 en die koste van die oprigting van die gedenkmuur het R 68 791.78 beloop. Sedertdien is die gedenkmuur selfonderhoudend en is ‘n Gedenkmuurfonds geopen by ABSA bank en sal die fondse in die toekoms aangewend word vir nog ‘n muur. |
'n Nis is ontwerp vir slegs een persoon se oorskot en kos tans R2000,00 elk.
Besonderhede vir die aankoop van nisse kan by die kerkkantoor verkry word.
|
PLAN/SKETS VAN GEDENKMUUR
Besonderhede van watter nisse reeds geneem is, is by die kerkkantoor beskikbaar.
GEDENKTUIN
![]() |
Die Groei-in-genade groepie wie verantwoordelik was vir die
uitleg van en aanplantings vir die tuin wat die muur omring:
Pikkie Combrinck
Marié Jordaan
Maretha Wege
Argitek: Johan Brummer
Leraar: Ds. Chris de Wet
Boukontrakteur: Cobus de Jonge
Bessie Haasbroek
& dogter Elsabé |
Inwyding |
Die kerkraad het ook besluit dat die gedenkmuur vernoem moet word na
ds. Hasie en mev. Bessie Haasbroek. Ds. Haasbroek het jarelank as ouderling
gedien – vir die grootste gedeelte van die tyd as hoof-ouderling – terwyl mev.
Haasbroek vir nagenoeg 16 jaar as koster en saakgelastigde gedien het en
soms ook as orreliste waargeneem het.
Die inwydingseremonie van die gedenkmuur het op 5 Maart 2009 plaasgevind.
Mev. Haasbroek en haar dogter Elsabé, was teenwoordig om die gedenkplaat te
onthul. Die vers wat op die plaat aangebring is, is Johannes 11:25: Ek is die
opstanding en die lewe. Wie in my glo, sal lewe, al het hy ook gesterwe. |
![]() |
Tuin rondom gedenkmuur By die kerk is 'n gedenkmuur met gedenktuin ingerig. U is welkom om benewens die nis ook 'n struik, boom of plant ter herdekking aan u geliefde te kom plant in oorleg met die koster. |
![]() |
![]() |
![]() |
REëLS TEN OPSIGTE VAN NISSE
1. Slegs die as/oorskot van die NISHOUER mag in die herdenkingsnis geplaas word;
2. Die regte verkry in terme van hierdie ooreenkoms mag nie oorgedra of sedeer word nie;
3. Betaling van die koopsom verleen ‘n reg om die nis te gebruik vir die berging van die oorskot/as van die hierin vermelde
NISHOUER of persoon deur hom genomineer. Hierdie reg sal bly voortbestaan vir solank as wat die Kerkraad die
eienaar van die perseel is.
4. Ongeag enige statutêre of gemeenregtelike verpligting tot die teendeel, stel die toestaan van hierdie reg geensins enige
beperking op die titel van die eiendom nie en sal geen sodanige beperking aangeteken hoef te word nie
5. Die KERKRAAD sal die gedenkmuur in 'n goeie toestand hou. Die KERKRAAD staan nie onder enige verpligting om
herstelwerk van enige aard aan die gedenkmuur te doen wat veroorsaak is deur die optrede of nalatigheid van enige
persoon nie.
6. Die NISHOUER sal nie geregtig wees om enige veranderings of byvoegsels tot die nis of gedenkmuur te doen nie.
7. Die herdenkingsnis sal slegs gebruik word deur die die NISHOUER en slegs een houer sal per nis toegelaat word;
8. Ter wille van algemene voorkoms en eenvormigheid sal alle graveerwerk op die dekplaat van die nis gedoen word
volgens ‘n lettertipe, lettergrootte en deur persone deur die Kerkraad aangewys op die Kerkraad se koste, met dien
verstande dat die NISHOUER self alle reëlings daaromtrent sal tref en dat die werk van die aangewese graveerder
gedoen sal word teen markverwante pryse.
9. Die NISHOUER sal nie geregtig wees om enige ruikers, blomme of ander gedenk-items op of aan die buitekant van die
nis te plaas nie, of om enigiets te doen wat ʼn ergernis of oorlas mag veroorsaak nie.
10. Die reëlings vir die plasing van die as in die nis sal deur die NISHOUER in oorleg met die kerkraad getref word, en met
inagneming van die bestaande eredienste en gemeentelike bedrywighede.
11. In geval die NISHOUER versuim om enige van die terme of voorwaardes van hierdie ooreenkoms na te kom, sal die
KERKRAAD die reg hê om onmiddellik en sonder vooraf kennisgewing hierdie ooreenkoms summier te kanselleer deur
die afstuur van 'n geregistreerde brief of aflewering per hand, geadresseer aan die NISHOUER, waarna die NISHOUER
alle bedrae betaal aan die KERKRAAD in terme hiervan sal verbeur sonder benadeling van die KERKRAAD se ander
regte en remedies.
12.1 Die KERKRAAD kies as adres vir betekening vir alle doeleindes hierkragtens die adres soos in die aanhef uiteengesit.
12.2 Die NISHOUER kies as adres vir betekening vir alle doeleindes hierkragtens die adres soos in die aanhef uiteengesit.
12.3 Enige kennisgewing wat ingevolge hierdie ooreenkoms gegee moet word, moet deur enigeen van die PARTYE aan die
domicilium citandi et executandi van die PARTYE gerig word of aan sodanige ander adres as wat enigeen van die
PARTYE deur skriftelike kennisgewing vir sodanige doeleindes aan die ander mag gee.
12.4 Enigeen van die PARTYE is daarop geregtig om deur skriftelike kennisgewing aan die ander van tyd tot tyd, sy adres vir
kennisgewing te verander by dien verstande dat dit slegs 'n fisiese adres mag wees.
13. Die NISHOUER of sy gesin of familielede, gaste of besoekers het geen eis van enige aard teen die KERKRAAD vir enige
verlies, skade aan of beserings wat enigeen van hul regstreeks of onregstreeks mag ly as gevolg :
13.1 enige verborge of sigbare gebreke aan die gedenkmuur;
13.2 die gedenkmuur of deel daarvan as synde 'n defekte toestand of vervalle toestand of enige besondere
herstelwerk wat nie betyds of hoegenaamd deur die KERKRAAD gedoen is nie;
13.3 vis major of enige ander oorsaak hetsy gedeeltelik of heeltemal buite die KERKRAAD se beheer;
13.4 Die NISHOUER vrywaar die KERKRAAD en stel hom skadeloos van en teen enige en alle eise, gedinge, skade
aanspreeklikheid en uitgawe van watter aard ook al.
BEWOORDING OP GEDENKPLAATJIE
|
Kostes: Bedrag vooruitbetaalbaar t.o.v. bogenoemde gravering beloop tans R200,00. |
REëLINGS TEN OPSIGTE VAN DIE PLASING VAN DIE OORSKOT IN DIE MUUR VAN HERINNERING
- 1. Die plasing van die oorskot van ’n oorlede in ‘n nis is die primêre verantwoordelikheid van die familie/naasbestaandes
- soos hierna uitgespel.
2. Alle reëlings t.o.v. die plasing van die oorskot van ’n oorlede geskied via die kerkkantoor.
3. Dit is die familie se verantwoordelikheid om hulle te vergewis van die reëls t.o.v. die gebruik van die nis, asook die reëls
t.o.v. die graveerwerk wat op die granietplaat aangebring word.
4. Reëlings t.o.v. graveerwerk:
4.1 Die familie/naasbestaandes voltooi in drukskrif die pro-forma dokument vir die graveerwerk wat op die marmerplaat
aangebring moet word.
4.2 Bogenoemde pro-forma dokument word deur die familie/naasbestaandes onderteken.
4.3 Die familie/naasbestaandes betaal die voorgeskrewe bedrag vir die graveerwerk.
4.4 Die kerkkantoor gee opdrag aan die betrokke instansie waarmee ooreengekom is om die graveerwerk te doen, om
’n spesifieke nisnommer se granietplaat te verwyder en aan die hand van die getekende pro-forma dokument die
nodige graveerwerk aan te bring in ooreenstemming met die reëls.
4.5 Sodra die graveerwerk voltooi is en deur die kerkkantoor gekontroleer is, word die gegraveerde granietplaat op die
betrokke nis weer in posisie aangebring.
4.6 Die kerkkantoor gee so gou as moontlik aan die familie/naasbestaandes kennis dat die graveerwerk voltooi is en
dat reëlings getref kan word met die oog op die plasing van die oorskot in ’n bepaalde nis – Sien punt 5 hieronder.
5. Reëlings m.b.t. die plasing van die oorskot:
5.1 Die oorskot van ’n oorlede kan slegs in ’n nis geplaas word na die afhandeling van alle reëlings soos in punt 4
hierbo uitgestippel.
5.2 Die familie/naasbestaandes gee ten minste een week vooraf skriftelik kennis aan die kerkkantoor van die dag en
tyd waarop hulle die oorskot van ’n oorlede in ’n bepaalde nis wil plaas.
5.3 Die kerkkantoor koördineer die verlangde datum met ’n betrokke leraar (indien die familie verkies dat ’n leraar
teenwoordig moet wees) en die instansie wat die graveerwerk behartig het, sodat die oorskot binne die nis verseël
kan word nadat dit in die nis geplaas is.
REëLINGS TEN OPSIGTE VAN DIE VERWYDERING VAN DIE OORSKOT UIT DIE MUUR VAN HERINNERING
Alle reëlings t.o.v. die verwydering van die oorskot van ’n oorledene geskied via die kerkkantoor.
Indien die naasbestaandes die oorskot wil verwyder, geld die volgende voorwaardes:
1 ’n Deposito van R1 000,00 (huidige koste) moet vooraf by die kerkkantoor inbetaal word.
Die risiko is baie groot dat die gedenkplaatjie kan breek wanneer dit verwyder word, aangesien dit geseël is.
2 Die volgende opsies is dan van toepassing:
a. Die kerk se kontrakteur maak die nis oop en indien die gedenkplaatjie nie breek nie, is die volgende
van toepassing:
i. Die gedenkplaatjie met die oorledene se besonderhede bly in die gedenkmuur en kry die naasbestaande
R800,00 terug.
ii. Die naasbestaande nie die oorledene se besonderhede in die gedenkmuur wil behou nie, word R200,00
terugbetaal. Die koste om die bedenkplaatjie te vervang is tans R800,00.
b. Indien die gedenkplaatjie breekwanneer dit verwyder word, moet dit vervang word en is die kostes R800,00.
Dus ontvang die naasbestaande slegs R200,00 terug.