Die foto's van leraars en kerkrade
deur die jare is teen die muur in die
gang voor die konsistorie aangebring. |
![]() |
KERKRAAD SE VISIE VIR DIé GEMEENTE As kerkraad voel ons ons primêre taak is nie om fondse te vorder nie, maar wel om by die lidmate uit te kom op ʼn geestelike, sowel as ʼn fisiese vlak. Daarom, weet as die kerkraadslid jou deurklokkie lui, is dit nie om te kom kollekteer nie, maar om te hoor hoe dit gaan. |
KERKRAAD: Vergader vyf keer per jaar. Die Kerkraad bestaan uit : Voorsitter (Leraar) Leier-ouderling & Leier-diaken Voorsitter & Onder-voorsitter van elk van die 9 diensaksies Kerkraadslede van al 41 wyke |
DIENSAKSIES: Daar is 9 diensaksies wat een keer per kwartaal vergader.
Hierdie vergaderings kan deur ENIGE LIDMAAT bygewoon word en enigeen is welkom om insette te lewer. |
INSKAKELING BY DIENSAKSIES Geen organisasie (diensaksie) kan bestaan sonder lede nie. Lees elke diensaksie se verpligtinge en besluit waar u graag wil inskakel. Kom lewer jou insette by die vergaderings en raak betrokke. Vergaderdatums is op die jaarprogram aangebring en word ook op die afkondigings geplaas.
WIL JY NIE BY EEN VAN DIE DIENSAKSIES BETROKKE RAAK NIE? KOM, DIE HERE HET JOU NODIG! |