MUURBEHANGSELS
Die binneversiering van die kerk is alles gedoen
in borduurwerk deur gemeentevroue onder leiding
van mev. Lydia van Wezel (Van Rensburg).
Daar is ryklik gebruik gemaak van simboliek en en
die effek is treffend. |
Die tema van die ontwerp is die samevoeging van die
Ou en Nuwe Testamente in die Persoon van Christus.
Dit word uitgebeeld deur drie panele verbind in één opset, met die Ou Bedeling
aan die linker- en die Nuwe Bedeling aan die regterkant van ‘n sentrale paneel
wat die koms van Christus op aarde simboliseer.
Die soendood van Christus, as kern van ons belydenis, word in die sentrale
paneel uitgebeeld met die drie kruise van Golgota, waarvan dié van Jesus die
totale komposisie domineer.
Die Ou Testament is verteenwoordig deur die stamsimbole van die
Twaalf Stamme van Israel, tesame met tipiese artikels uit daardie tydperk.
Die Nuwe Testament is gesimboliseer deur twaalf van die Gelykenisse,
asook met Christelike simbole van die vroeë oorsprong. |
OORSPRONKLIKE WEERGAWE
As iemand die voorportaal van die kerk betree het, was jy getref deur 'n muurbehangesel van
4,88 m by 2,44 m wat deur die vroue van die gemeente beborduur was.
|
Die ywerige, geïnspireerde en
toegewyde werksters:
Birlie Borchardt Niem Bredell
Verma Bredell Tannie Burger
Elsa Cilliers Helet den Hartog
Anna Eksteen Marie Gouws
Rita Grobler Winnie Henning
Nellie Horn Liz Jacobs
Elsabe Jooste Rillie Keet
Irma Kruger Retief Jordaan
Hetta Louw Ludia Muller
Santjie Nel Ena Nell
Elise Potgieter Trix Slabbert
Molly Steyl Magriet Strydom
Bets van Wyk Martie Venter
Emmie Wessels Katie Wiblin
Veronica van der Merwe
Anna-Marie Swart |
![]() |
Die oorspronklike muurbehangsel is uit die voorportaal
na die binnekant van die kerk verskuif.
Hierdie besondere muurbehangsel het begin
verweer na soveel jare se hang in die voorportaal.
Dames van die gemeente het dit gerestoreer en
die 'nuwe' weergawe dra by tot die besondere
atmosfeer in die kerk.
|
![]() |
Die drie kruise
(die soendood van Christus)
is vervang met die pragtige geweefde
mat wat tans agter die preekstoel hang. |
![]() |
OU TESTAMENT
![]() |
Twaalf Stamme van Israel
Volgens die Bybel is Jakob die stamvader van die Israeliete. Hy is teen
ongeveer 1800 vC gebore. Jakob het die eersgeboortereg deur middel
van bedrog by sy ouer broer Esau gesteel. (Genesis 27:22)
Rachel (met wie hy getrou het), die bediende van Rachel, naamlik Bilhah
en die bediende van Lea, naamlik Zilpah.
Die ander Ou Testamentiese tekens geborduur:
Saul se kroon.
Die goue sewearm-kandelaar van die tempel.
Die kliptafels met die tien gebooie.
'n Israelitiese perkament.
Ramshoring of sjofar. |
Kyk net na die besonderse borduurwerk
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Saul se kroon |
Die goue sewearm-
kandelaar van die tempel |
Die kliptafels met
die tien gebooie |
'n Israelitiese perkament | Ramshoring of sjofar |
NUWE TESTAMENT
Die Nuwe Testament bestaan uit 'n aantal kentekens,
bv. die Jesus monogram, die triomfboog van keiser
Trajanus en die vroegste Jesus monogram, die
letters X en P. Langs hierdie kentekens is 'n verdere
twaalf onegalige vierkante wat wlk 'n bekende
gelykenis van Jesus voorstel. |
Jesus-monogram,
bestaande uit die eerste
drie letters van die woord
“Jesus” in Grieks.
Een van die geheime kentekens van die vroeë
vervolgde Christene in Rome, vandag nog te sien
in die katakombes.
Die letters van die Griekse woord vir
“’n vis” (ICHTHUS), is ook die begin-
letters van die Griekse woorde vir
die frase, “Jesus Christus, Seun van
God, Saligmaker”.
Triomfboog van keiser
Trajanus, Rome.
Die “CHI-RHO”, VROEGSTE Christus-monogram, as
embleem deur Konstantyn in 313 n.C. aangeneem.
Dit bestaan uit die eerste twee letters van die woord
“Christus” in Griekse hoofletters geskryf:
“X” en “P” |
![]() |
Gelykenis van
die Saaier
Matteus 13 : 1 – 9 |
![]() |
Gelykenis van die
Mosterdsaad
Matteus 13 :
31 - 32 |
![]() |
Gelykenis van
die Pêrel
Matteus 13 :
45 - 46 |
|
Gelykenis van
die Net
Matteus 13 :
47 - 50 |
![]() |
Gelykenis van
die Lamp
Lukas 8 : 16 - 18
Afgebeeld:
‘n Olielamp uit
die tydperk van
Christus op aarde.
|
![]() |
Gelykenis van die
Tien Meisies
(Maagde)
Matteus 15 : 1 -13 |
![]() |
Gelykenis van die
Verlore Muntstuk
(Penning)
Lukas 15 : 8 -10
Afgebeeld:
‘n Joodse
nasionalistiese
muntstuk uit die
eerste eeu ná
Christus, waarop
die mannabeker
verskyn. |
![]() |
Gelykenis van
Bedagsaamheid
(die toring)
Lukas 14 : 25 – 35
(Ou vertaling) |
![]() |
Gelykenis van
die Verlore Seun
Matteus 15 :
11 - 31 |
![]() |
Gelykenis van
die Onregverdige
Regter
Lukas 18 : 1 - 8 |
![]() |
Gelykenis van die
Fariseër en die
Tollenaar
Lukas 18 : 9 14 |
![]() |
Gelykenis van die
Goeie Herder
Johannes 10 :
1 - 16 |
KANSELKLEDE
NAGMAAL
Spesiaal ontwerp vir
Nagmaalsgeleenthede.
|
LYDENSTTYD
Gedurende die sewe
Lydensondae tot op
Goeie Vrydag. |
PAASFEES
Vanaf Paassondag tot
met Hemelvaartdag.
|
PINKSTER
Vanaf Pinkstersondag
tot met die begin van
die Adventweke.
|
ADVENT
Die vyf Sondae voor
Kersfees. |
KERSFEES
Vanaf Kersdag tot die
Sondag voor die
eerste Lydensondag. |
![]() |
![]() |
![]() |
Kanselkleed tydens
die kerk se 50 jaar
feesviering was
ontwerp en gemaak
deur Janet Rademan. |
|
Vensterruite van Kerk
Simboliseer:
1 Kerk van Christus
* Lidmate – een liggaam
* Verskeidenheid – eenheid
* Indiwidueel - een in Christus
2 Lidmate se verbondenheid
* Punte wat na binne wys – verbondenheid met Christus
* Punte wat na buite wys – na wêreld om te wen vir Christus
* Punte na kante toe – na mekaar Gemeenskap in Christus
3 Kruis van Christus
* Kruis in middel – Christus as middelpunt
|
![]() |
|
Die koperdeksel bo-op die
doopvont is baie
besonders
|
Die twee kniestoeltjies
met tapiserie daarop is
deur tannie Burger
daarop uitgewerk.
|
Op die tafel voor
die kansel is 'n
loper met die
alfa en omega
tekens daarop
geborduur. |
![]() |
![]() |
Nagmaaltafeldoeke
Dié twee pragtige tafeldoeke
is baie besonders.
Die eerste een is in Venisië
gekoop en die tweede een is
spesiaal vir die gemeente in
Ierland gemaak.
|
|
Tafeldoek wat in Ierland gemaak was. |
Die Nagmaalnet met die simbole
van koringare en 'n kelk om brood
en wyn voor te stel, daarop
geborduur, is ook iets besonders.
|
|
![]() |
![]() |
Ander artikels sedert die
ontstaan van die kerk
in gebruik was. |
|
![]() |
![]() ![]() |
Die kollektebordjies van
koper was vir jare in gebruik.
|
|
![]() |
Vandag gebruik ons dié
kollektesakkies
|
Wakis
|
![]() |
![]() |
Op die terras aan die suidekant van die
kerkgebou is 'n groot rots geplaas.
Op 'n metaalplaat op die rots aangebring,
is die woorde van Jesaja 41:19 gegrafeer.
Dit lui:
"Ek sal in die woestyn seders laat groei,
doringbome, mirte en olyfbome, ek sal in
die barre wêreld sipresse laat groei saam
met plantane en denne"
(Ou vertaling) |
|
|
Op die terras is ook
voorbeelde van elkeen van
die boomsoorte in die teks
vermeld, aangeplant |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Die klip met die inskripsie is aangebring en die bome aangeplant op versoek van 'n groep van die eerste lidmate van die
nuutgestigte gemeente onder leiding van 'n mev. P. Swart.
Die boodskap wat die lidmate met hierdie inskrpsie en aanplanting wou tuisbring, spreek oor die dekades van die bestaan van
die gemeente steeds in duidelike en onomwonde taal. Dit is die boodskap van 'n "Tuin in die Woestyngebied".
Met die wegvoering van die Jode in ballingskap het die vyand die grondgebeid van Juda gestroop en dit soos 'n woestyn agtergelaat.
Mag Jesaja se boodskap van die bome wat God laat groei om "'n Tuin in die Woestyngebied" te wees ons tot in die verste toekoems bybly! |
FEESPROGRAMME
Al hierdie interessante feite is opgeteken in ons feesprogramme van die afgelope dekades.
(Daar is nog kopieë van die 50 jaar feesblad beskikbaar by die kerkkantoor @ R50 elk.) |
|
![]() |
![]() |
![]() |