Ds. Marius Ellis
|
|
KONTAKBESONDERHEDE
|
|
![]() |
083 417 4131 |
![]() |
|
Marius is gebore en getoëin Pretoria en is die jongste van 3 kinders. Sy skoolloopbaan het hy
voltooi aan Hoërskool Oos-Moot en het sy studies by die Universiteit van Pretoria Cum Laude geslaag.
Marius vind visvang baie ontspannend en is ook lief vir lees, rugby afrig, gholf en fietsry.
Hy doen sy gemeentejaar in NG Nooitgedacht Bronkhorstspruit. |
Dit is ook in Bronkhorstspruit waar hy sy vrou Lindi Els ontmoet het in haar finale jaar van Onderwys aan Potchefstroom Universiteit. Lindi het op Dundee groot geword en ook haar skoolloopbaan daar voltooi. Sy het ‘n passie vir kinders en diere. Die leraarspaar is getroud op 4 Januarie 2014. |
|
|
Op die 14e Desember 2017 is klein Joshua Jonathan Marius Ellis gebore en alles wat rondom sy geboorte gebeur het, vul ons met ontsag en groot waardering vir die Here.
|
Joshua se doop
Joshua Johnathan
Marius Ellis
|
![]() |
“Dit was voorwaar ‘n voorreg”. Dit is die woorde waarmee ek die
erediens van 26 Maart mee wil beskryf. Min mense kry die kans om
hulle kind self te doop en het ek as predikant die voorreg gehad om my
eie kind vas te hou en die seën van die Here oor Hom uit te spreek.
Die doop is altyd vir my ‘n besonderse geleentheid omdat ek die Here
se naam oor ‘n kind kan uitroep en daardie Sondag toe ek God se naam
oor my eie kind se lewe uitroep moes ek hard baklei om nie emosioneel
te raak nie.
|